Welkom by makoppa kerk

Makkopa Kerk – 'n Baken van hoop en geloof in die hartjie van die Bosveld.  Die kerk is so 45 km geleë buite Thabazimbi in die plattelandse area van Makoppa, en is ʼn geestelike tuiste vir baie mense van die gemeenskap. 

 

Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit gesinne wat staat maak op die natuur vir hul bestaan.  Met die fokus op God, Sy woord, familie en boerdery, groei Makkopa Kerk steeds in gees en vlees.

 

Elke Sondag kom die gemeente bymekaar om die Woord van God te hoor en om te deel in mekaar se lief en leed. Onder leiding van ds Joggie Kotze en die kerkraad, is die kerk bekend vir sy hartlikheid, omgee en Christelike beginsels.

  

Eredienste word elke Sondag afwisselend gehou om 8h00 of 10h15 en nagmaal word die eerste Sondag van elke maand gehou.  Kontak ons vir meer inligting.

Jer 29:11 "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"

 

 

 

 

 

 

 

eredienstye

Eredienstye is elke Sondag om 8h00 of 10h15.  Kontak Anke om deel te word van die WhatsApp groep waarop die afkondigings gestuur word.

kinderkerk

Ons bied Sondae kinderkerk aan terwyl die gemeente kerk het.   Daar word geleer van Bybelstories en die lewenslesse rondom dit.

Nagmaal

Elke eerste Sondag van die maand word daar nagmaal gehou en almal is welkom.